Hardekool Bosveld Wegbreek
Ideaal vir die wat 'n bosveld wegbreek soek.
Ons Virewig
Liewe familie en vriende, dit is vir ons ’n groot voorreg om elkeen van julle formeel uit te nooi na ons troue. Julle teenwoordigheid sal hierdie naweek vir ons baie spesiaal maak.
RSVP Voor: 1 Junie 2026
RSVP HierNet ná COVID in November 2020, toe die wêreld stadig weer begin asemhaal het, het ons paaie onverwags gekruis. Ek was nog besig met my finalejaar-eksamen toe my pa my binne een uur drie keer bel — elke keer met dieselfde boodskap: daar wag ’n baie “oulike meisie” by Toutrek Park, en ek moet kom. Ek was oortuig hulle wil eintlik net saam my 'n bier drink, maar ek het uiteindelik besluit om tog te ry en saam hulle 'n bier te geniet. Daar, om die hoek, het Nina gestaan. Stil, geduldig… en ongelooflik mooi. In daardie oomblik het iets eenvoudig begin wat baie meer sou word. Ek het saam na haar kar toe gestap en, vir die eerste keer in my lewe, genoeg moed bymekaar geskraap om vir haar nommer te vra. ’n Week of twee later het ons vir koffie ontmoet — en wat bedoel was as ’n kort afspraak, het ure se gesprek geword. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.
Van die begin af het ek en Nina nog altyd 'n liefde vir die natuur gedeel. Ons is mal oor Dullstroom se berge, die diere en lewe van die Kruger Wildtuin en die see-lug en fynbos van Betty's Baai. Of dit nou berge, woude, die see of oop veld is — enige plek waar die natuur op sy mooiste is, is vir ons tuis.
Een van ons gunsteling plekke, Dullstroom, het die perfekte agtergrond geword vir die volgende hoofstuk. Op die rug van ’n perd (Nina se droom), tussen die rustige landskap en vars lug, het ek die vraag gevra. En wel... ons trou!
Skedule
Genoeg van ons, die volgende is op elkeen van julle van toepassing:
Kom kuier saam en begin die naweek rustig Vrydag middag voor ons groot dag. Vir ons gaan dit om saam elkeen van julle tyd te spandeer en die dag te geniet. Ons verwelkom julle met ’n informele kuier en ’n geleentheid om almal weer te sien.
Wat om te bring: Swemklere, Handdoek, Eie vleis, drank en kampstoel. Bykosse sal voorsien word.
Die groot dag. Kom en bevestig ons verbond met God. Finale reëlings vir die aand sal bevestig word.
’n Rustige afsluiting van ’n onvergeetlike naweek.
Ons Kleure
Ons troue se styl is semi-formeel en geïnspireer deur warm, aardse kleure — natuurlik, sag en tydloos.
Verblyf
Verblyf is beskikbaar naby die venue vir die naweek. Ons beveel aan dat julle vroegtydig bespreek omrede dit skoolvakansie is.
Ideaal vir die wat 'n bosveld wegbreek soek.
'n Wildsplaas opsie met verskeie diere en vermaaklikhede.
'n Alombekende vakansieoord vir diegene wat belangstel.
Soos Sediba is dit ook 'n bekende vakansieoord.
4 staanplekke is beskikbaar vir 6 mense per staanplek teen R275 per persoon per nag. Kontak die bruidegom rakende die reëlings.
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag beteken vir ons opreg die meeste en is reeds die grootste geskenk wat ons kan ontvang. Ons sien uit daarna om hierdie oomblik saam met julle te vier en te deel.
Vir dié wat wel graag iets ekstra wil gee, het ons ’n paar riglyne saamgestel om dit makliker te maak en dubbels te voorkom. Ons sal ook opreg enige kontantbydrae waardeer wat ons kan gebruik vir ons wittebrood en die huis wat ons saam wil begin bou, Geskenkbewyse is ook altyd ’n goeie en praktiese opsie.
’n Donasie aan die volgende rekening (T. de Lange, Capitec Spaar: 1495700702) sal ook opreg waardeer word, of kontak Annemieke de Lange by 0823722624 vir meer besonderhede.
Bykomende Inligting
As daar enige ander vrae is buiten die bostaande inligting, stuur vir ons 'n WhatsApp.
Die venue is in ’n bosveld omgewing — gemaklike skoene word aanbeveel. Weerstoestande kan wel verander, bring asseblief ’n warm laag saam.Parkering sal beskikbaar wees op die perseel.
Kroeg Inligting: ’n Kontant- en kaartfasiliteit sal beskikbaar wees by die kroeg. Kom geniet die aand saam.
Die seremonie begin stiptelik 15h30 Saterdag Middag (26 September)
Vrydag middag na 14h00. Gaste is welkom om vanaf 10h00 op Saterdag op die venue te arriveer en te help met die dekor. Ons gaan wel 9h00 Saterdag saam koffie drink.
Ja, parkering sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.
Kontak asseblief die bruidspaar direk indien julle oor kinders se bywoning wil navraag doen.
Semi-formeel in natuurlike, aardse kleure volgens die kleurpalet op die webblad.